# Taiwan se president, Lai Ching-te, sê sy land sal nie konflik uitlok of laat toeneem nie, maar sal ook nie sy nasionale soewereiniteit en waardigheid prysgee nie. Beijing beskou Taiwan as sy grondgebied. Die Chinese president, Xi Jinping, het verlede week aan die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê die Taiwanse vraagstuk is die belangrikste kwessie in bilaterale betrekkinge. Hy waarsku die twee lande kan koppe stamp indien dit verkeerd hanteer word en selfs vyandiggesind raak. Lai sê Taiwan se toekoms sal bepaal word deur sy inwoners.
President van Taiwan sê sy land sal nie sy nasionale soewereiniteit en waardigheid prysgee nie