Skip to content

Gauteng skole skuld munisipaliteit byna R584-miljoen

# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Lebogang Maile, sê skole in die provinsie skuld munisipaliteite meer as 583-miljoen-rand in onbetaalde rekeninge ouer as 60 dae. Maile het vanoggend tydens ‘n media-inligtingsessie gesê die Stad Johannesburg skuld die hoogste bedrag van meer as 390-miljoen-rand. Skole skuld Eskom ook meer as ses-miljoen-rand. Hy sê sommige skole is te min gevra voordat hulle rekeninge na meterlesings aangepas is, terwyl inflasie en stygende munisipale tariewe bykomende druk op skoolbegrotings en skuldbestuur geplaas het.