Skip to content

Gholf: McNealy, Smalley steek Potgieter verby by PGA-kampioenskappe

# Gholf: Aldrich Potgieter is tans gesamentlik derde met die begin van die derde ronde by die 2026 PGA-kampioenskap by die Aronimink Gholfklub. Die 21-jarige Suid-Afrikaner het ‘n openingsronde van 67 geslaan om die voorsprong oor die 18 putjies te deel, en was vir ‘n groot deel van gister se tweede ronde die alleenvoorloper. Een hou oor baansyfer op putjies 17 en 18 het hom egter tot ‘n tweede ronde van 70 laat terugval en hy is nou een hou agter mede-voorlopers Maverick McNealy en Alex Smalley.