# FirstRand se hoof van infrastruktuur, Judy Kobus, sê Suid-Afrika se groeiende infrastruktuur-agterstand vereis dringende samewerking tussen die openbare en privaat sektor. Die regering se instandhoudingstekorte het in 2025 30-miljard-rand oorskry. Kobus het aan SABC News gesê onlangse hervormings in hernubare energie, water en vervoerinfrastruktuur is bemoedigend. Sy het verwys na die privaat sektor se belegging in hernubare energieprojekte na aanleiding van regulatoriese veranderinge, en bygevoeg dat hervormings waarby Transnet en PRASA betrokke is, ‘n positiewe ontwikkeling is.
Al hoe meer oproepe vir vinniger infrastruktuurontwikkeling in Suid-Afrika