# Adjunkpresident Paul Mashatile is vandag by die staatsbegrafnis van Botswana se voormalige president Festus Mogae by die Universiteit van Botswana in Gaborone. Mogae is verlede week op 86-jarige ouderdom oorlede. President Cyril Ramaphosa het hom beskryf as ‘n gerespekteerde leier wat demokrasie, goeie regering en streeksamewerking bevorder het. Mogae het van 1998 tot 2008 as Botswana se president gedien en later as ‘n Verenigde Nasies-klimaatsveranderingsgesant gewerk.
Mashatile by begrafnis van voormalige Botswana-president Festus Mogae