# Eskom sê dissiplinêre stappe en moontlike strafregtelike aanklagte sal gedoen word teen verskeie werknemers en verskaffers. Dit volg nadat ‘n ondersoek na onreëlmatige dieselverkrygingskontrakte ter waarde van 21-miljard-rand afgehandel is. Die ondersoek, is in Maart 2025 begin en het gefokus op kontrakte vir die voorsiening van diesel aan Eskom se oopsiklus-gasturbine-kragstasies, insluitend die strategies belangrike Ankerlig-kragstasie naby Kaapstad. Die kragvoorsiener sê ondersoeke dui op tekortkominge in verkrygingsbeheer, twyfelagtige aanstellings van verskaffers, en meer as drie-miljard-rand in onreëlmatige vooruitbetalings aan dieselkontrakteurs.
Eskom oorweeg stappe oor onreëlmatige dieselverkrygingskontrakte ter waarde van R21-miljard