# Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis het aan die minister van Vervoer, Barbara Creecy, en die minister van Finansies, Enoch Godongwana, geskryf om dringend sekerheid oor befondsing vir die MyCiTi-busdiens te kry. Dit volg na die uitfasering van die Nasionale Vervoernetwerk-toelaag. MyCiTi voorsien in 42-persent van nasionale passasiervervoer op die snelvervoerdiens. Hill-Lewis sê onsekerheid oor nasionale befondsing stel MyCiTi se busdienste en die groot nuwe roete-uitbreiding na die Kaapse Vlakte in gevaar:
Burgemeester van Kaapstad vra sekerheid oor befondsing van MyCiTi-busdiens [KLANK]
AFR GeordinOnGrant