Skip to content

Tshwane-metropolisie ondersoek bewerings van omkopery

# Die Tshwane-metropolisiedepartement het ʼn interne ondersoek begin na bewerings dat werknemers omkoopgeld van ses ongedokumenteerde immigrante ontvang het wat onlangse tydens ʼn operasie in Winterveldt vasgetrek is. Die departement sê voorlopige bevindings dui daarop dat een-duisend-rand vrywillig vir veilige bewaring aan beamptes oorhandig is en behoorlik in amptelike polisieregisters aangeteken is. Hy sê op hierdie stadium is daar geen bewyse van onregmatige optrede nie en voeg by die video is verkeerd geïnterpreteer en dra ʼn vals boodskap oor.