# Die parlementêre gesamentlike komitee oor Etiek en Ledebelange het bevind die klagtes teen David Mandla Skosana van die MK-party en Dean Macpherson van die DA het meriete. Skosana is skuldig bevind aan onverklaarde sakebelange en dat hy ʼn vroue-joernalis geïntimideer het. Macpherson is skuldig bevind aan verbreking van die etiese kode nadat hy ActionSA-ondersteuners “amaphara” genoem het. Die woord word gewoonlik gebruik om na misdadigers, dwelmverslaafdes en sosiale parasiete te verwys. Die komitee het aanbevelings vir toepaslike strafmaatreëls gemaak wat albei Huise van die Parlement moet oorweeg.
Parlementêre Etiekkomitee beveel strafmaatreëls aan teen Skosana en Macpherson