Skip to content

ActionSA sê Tolashe moet met volle mag van die reg te doen kry

# ActionSA verwelkom die afdanking van die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, maar voeg by sy moet nou met die volle mag van die reg te doen kry. Daar word verskeie bewerings teen haar gemaak, onder meer ʼn onverklaarde skenking aan die ANC-vroueliga en oorsig oor onregmatige aanstellings. ActionSA sê Tolashe moet geen bonus by aftrede ontvang nie en sê sy verlaat die amp in skande. Die party eis ook dat aftrekkings van haar staatspensioen gemaak word.