Skip to content

Rugby: Leeus fokus slegs op Munster vir naweek se wedstryde

# Rugby: Die Leeus sê hulle fokus slegs op môre se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Munster in Ierland en nie op die moontlikheid om vir die kwarteindronde te kwalifiseer of uitgeskakel te word nie. Hulle is tans vyfde op die punteleer voor die laaste groepronde, maar kan dalk in Limerick moet wen om kwalifisering te verseker indien ander uitslae teen hulle tel. Die voorspeler-afrigter Wessel Roux sê na verlede naweek se teleurstellende nederlaag teen ‘n ander Ierse span, Leinster, fokus hulle eerder op dinge wat hulle kan beheer.