# Rugby: Daar is baie op die spel in die naweek se laaste groepsronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die voorste twee spanne op die punteleer, Glasgow Warriors en die Stormers, het reeds tuis-kwarteindstryde verseker, terwyl sewe spanne om die oorblywende ses kwarteind-plekke meeding. Die Stormers speel môre in Wallis teen Cardiff, die vierde-geplaaste Bulle pak Benetton in Pretoria, en die vyfde-geplaaste Leeus pak Munster in Limerick. Die Haaie, wat nie die volgende fase kan haal nie, is in die tiende posisie, en speel in Durban teen Zebre.
Rugby: Baie op die spel vir spanne in laaste groepronde van VRK