# Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, UNICEF, sê minstens 59 kinders is vermoedelik die afgelope week in Libanon dood of beseer. Die skietstilstand wat verlede maand aangekondig is, het nie daarin geslaag om die oorlog tussen Israel en Hizbollah te beëindig nie. Libanon se Openbare Gesondheidsnood-bedryfsentrum sê minstens 33 mense, insluitend vroue en kinders, is gister dood in Israelse aanvalle in die suidelike en sentrale streke. UNICEF waarsku meer as 770-duisend kinders in Libanon ondervind ‘n groeiende sielkundige krisis weens die herhaalde gevare van geweld, ontworteling en skade.
UNICEF sê minstens 59 kinders is vermoedelik die afgelope week in Libanon dood of beseer