# Die Gautengse Gesondheidsdepartement gryp in by die infrastruktuur, personeel en bedryf van die Dr Yusuf Dadoo-hospitaal. Die inrigting gaan gebuk onder stygende skuldvlakke, vervalle infrastruktuur en ernstige personeeltekorte wat groot druk plaas op gesondheidsdienste en pasiënte-sorg. Die hospitaal se skuld beloop volgens berigte meer as 18,4-miljoen-rand op die 2024/25-begroting. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die hospitaal bedien onder meer gemeenskappe in Krugersdorp, Randfontein, Westonaria, Magaliesburg, Muldersdrift en Hekpoort: