Skip to content

Rugby: Minister McKenzie wil hê Suid-Afrika moet weer die Wêreldbekertoernooi aanbied

# Rugby: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê hy sal nie rus voor Suid-Afrika weer die Wêreldbekertoernooi aanbied nie. Die land het die toernooi laas in 1995 aangebied toe die Springbokke die trofee met die eerste probeerslag opgeraap het. SA Rugby het daarna talle onsuksesvolle pogings aangewend om die wêreldskouspel aan te bied. Australië is die gasheer in 2027 en Amerika in 2031. McKenzie sê hy soek borge en die regering se ondersteuning om dalk te bie vir 2035.