# Tennis: Die driemalige kampioen, Iga Swiatek, is deur na die Italiaanse Ope se halfeindronde. Die Pool het die vyfde gekeurde Amerikaner, Jessica Pegula, afgeransel in haar eerste oorwinning oor ʼn toptien-teenstander hierdie seisoen. Swiatek kom nou teen Elina Svitolina van Oekraïne te staan wat met Elena Rybakina van Kasakstan afgereken het. In die mansafdeling het die Noorweër, Casper Ruud, die Rus Karen Khachanov verslaan om die halfeindronde te bereik. Die wêreld se nommer 25 gaan die Italianer, Luciano Darderi, takel wat die Spanjaard, Rafael Jodar, geklop het.
Tennis: Swiatek en Ruud deur na Italiaanse Ope se halfeindronde