# Die EFF verwerp die Departement van Korrektiewe Dienste se begroting van ongeveer 30,9-miljard-rand, wat in 2028/2029 tot 32,8-miljard-rand sal styg. Die departement verwag verminderings van 683,4-miljoen-rand oor die huidige Mediumtermyn-uitgaweraamwerk. Nontando Nolutshungu van die EFF sê die begroting sal lei tot oorbevolking, institusionele verval en menslike lyding. Op 5 Mei vanjaar was daar meer as 169-duisend gevangenes in die land se tronke wat neerkom op ʼn oorbevolkingsyfer van 58-persent. Nolutshungu sê dis ʼn krisis in die land se tronke:
EFF sê oorvol tronke is ’n krisis [KLANK]
ENG NolutshunguOnOvercrowding