Skip to content

Rugby: Erasmus kondig doelgerigte groep aan vir tweede Bok-belyningskamp

# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy het ‘n doelgerigte groep aangewys vir volgende week se tweede belyningskamp in Kaapstad. Die 25 voorspelers en 15 agterspelers sluit twee nuwelinge in – die Leeus-losvoorspeler Sibabalwe Mahashe en die veelsydige Haaie-agterspeler Zekhetelo Siyaya – en tien spelers wat nog nie toetse gespeel het nie. Verskeie ervare Bokke is weens beserings op die kantlyn en Erasmus sê die doel van die kamp is om hierdie spelers bloot te stel aan die span se strukture en stelsels vir die volgende twee seisoene en daarna.