Skip to content

SASSA sê maatskaplike toelaes sal nie geraak word deur regsgeskil met Posbank nie

# Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het begunstigdes gerusgestel dat maatskaplike toelaes sal voortgaan ten spyte van die voortgesette regsgeskil met die Posbank. Die bank vra tussentydse verligting om te keer dat SASSA die diensooreenkoms staak en voer aan miljoene begunstigdes kan bankkoste in die gesig staar en beskerming teen ongemagtigde aftrekkings verloor as die ooreenkoms verstryk. Die agentskap sê Posbank het nie sy kontraktuele verpligtinge nagekom nie. SASSA-woordvoerder Paseka Letsatsi hou vol alle toelaes sal betaal word.