# Krieket: Die snelbouler Darcie Brown is nie ingesluit in Australië se groep van 15 vir die Vroue-T20-Wêreldbekertoernooi in Engeland en Wallis nie. Keurders het die onervare Lucy Hamilton in haar plek gekies. Die veelsydige Sophie Molineux het ‘n fiksheidstoets geslaag en sal die span aanvoer. Die ervare Ellyse Perry en Beth Mooney is ook ingesluit. Die keurder Shawn Flegler sê Brown se weglating is weens die toestande wat hulle verwag en die span se samestelling. Australië se eerste wedstryd is op 13 Junie teen Suid-Afrika op Old Trafford.
Krieket: Ervare snelbouler Darcie Brown haal nie Australiese vroue se T20-Wêreldbekergroep nie