# Gholf: Die wêreld-nommer-een Scottie Scheffler begin sy Amerikaanse PGA-kampioenskap in dieselfde groep as die Engelse spelers, Matt Fitzpatrick en Justin Rose. Die verdedigende kampioen van Amerika gaan probeer om ʼn vyfde major-toernooi te wen. Die wêreld-nommer-twee, Rory McIlroy wat agtereenvolgende oorwinnings wil behaal, is in die eerste twee rondtes saam met die Spanjaard Jon Rahm en Jordan Spieth van Amerika. Suid-Afrikaanse deelnemers sluit Christiaan Bezuidenhout, Casey Jarvis en Garrick Higgo in. Die tweede major van die jaar slaan môre by die Aronimink-gholfklub in Pennsilvanië af.
Gholf: Verdedigende kampioen Scheffler saam met Rose en Fitzpatrick in groep vir Amerikaanse PGA-kampioenskap