# Katar het weer bevestig dat dit belangrik is om vrye beweging deur die Straat van Hormoes te beskerm en enige aanvalle teen handelsvaartuie of dreigemente teen maritieme sekuriteit veroordeel. Sowat ʼn vyfde van die wêreld se olie en vloeibare aardgas beweeg gewoonlik deur die seestraat. Teheran sê dit sal gesluit bly tot Amerika sy blokkade van Iranse hawens ophef. Katar se eerste minister, Sheikh Mohammed bin Abdulrahman bin Jassim Al Thani, sê die seestraat moenie as wapen vir afpersing gebruik word nie:
Katar sê Iran moenie Straat van Hormoes vir afpersing gebruik nie [KLANK]
ENG SheikhOnStrait