Skip to content

SAKP kritiseer Ramaphosa se besluit om Phala Phala-bevindings te laat hersien

# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê president Cyril Ramaphosa se besluit om die artikel 89-paneelverslag oor die Phala Phala-saak te laat hersien, sal enige ampsklag vertraag. Die party voer aan dit verleng die onsekerheid rondom bewerings van ernstige wangedrag en kan die saak langer onopgelos laat. Hy waarsku die vertraging verdiep die kommer oor vertroue in die regering en sy leierskap. Mbulelo Mandlana van die SAKP doen ‘n beroep op ‘n vinniger proses om verdere skade aan vertroue in staatsinstellings te voorkom.