# XA Global Trade Advisors waarsku Suid-Afrikaanse maatskappye kan moontlik vertroue in die land se handelsadministrasiestelsel verloor as gevolg van lang vertragings in invoerbelastingondersoeke. Ongeveer 97-persent van die 33 aktiewe ondersoeke het die spertyd van ses-maande oorskry, met sommige sake wat vir langer as ses jaar sonder ‘n besluit voortsloer. Die agentskap sê in sy jongste verslag slegs een nuwe aansoek is die afgelope ses maande by die Internasionale Handelsadministrasiekommissie van Suid-Afrika ingedien. Dit is die laagste in 23 jaar.
Handels-raadgewers waarsku handelvertragings kan sakevertroue skaad