# Die polisie het die inhegtenisneming van drie persone in Mpumalanga bevestig, insluitend die taxi-hoof, Joe Sibanyoni, ook bekend as Joe “Ferrari”. Woordvoerder Mavela Masondo sê dit vorm deel van ‘n voortgesette ondersoek, met aanklagte wat nog bevestig moet word. Sibanyoni is voorheen verbind met die vermeende onderwêreld-figuur, Vusimuzi “Cat” Matlala. Berigte dui op skakels met ‘n gewelddadige skietvoorval in Centurion in 2022 waarin Sibanyoni gewond is. Masonda sê ondersoeke duur voort.
Taxi-hoof Joe ‘Ferrari’ Sibanyoni in Mpumalanga vasgetrek