# Israelse parlementslede het ‘n nuwe wet aanvaar waarvolgens ‘n spesiale tribunaal geskep word wat die doodstraf sal oplê aan Palestyne wat skuldig bevind is aan die Hamas-geleide aanvalle op Israel op 7 Oktober 2023. Minstens duisend-139 mense is dood tydens die aanvalle in die suide van Israel, en 251 ontvoer en na Gaza geneem. Dit het tot die oorlog in Gaza gelei waarin meer as 72-duisend mense reeds dood is. Die wetgewing is afsonderlik van die Wet op die Doodstraf vir Terroriste wat in Maart aanvaar is.
Israel aanvaar nuwe wet wat doodstraf goedkeur vir mense wat verbind word met aanvalle op 7 Oktober