# Die DA sê hy is vasbeslote om diegene wat verantwoordelik is vir Johannesburg se waterkrisis aanspreeklik te hou en dringende optrede af te dwing om die stad se gebrekkige waterstelsel te herstel. Die party het hofstukke by die Hooggeregshof in Johannesburg ingedien teen Johannesburg Water, die Stad, en burgemeester Dada Morero, oor die groeiende waterkrisis. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, waarsku sonder onmiddellike ingryping sal die krisis selfs gróter skade aan inwoners en infrastruktuur veroorsaak: