Skip to content

Rugby: Voormalige Springbok Zenay Jordaan aangestel as nuwe hoofafrigter van Bulle se Daisies

# Rugby: Die Bulle glo voormalige Springbok-vrouespeler Zenay Jordaan is die perfekte leier vir die Daisies se volgende hoofstuk. Sy is tot 2029 as hoofafrigter van die unie se vrouespan aangestel. Die 35-jarige Jordaan het tussen 2008 en 2022 in 36 toetse vir Suid-Afrika gespeel, waarna sy uitgetree het en begin afrig het. Sy was die Daisies se hulpafrigter en die afgelope twee jaar mede-hoofafrigter. Die unie sê haar aanstelling is ’n sterk aanduiding van planne vir die ontwikkeling van die vrouespan.