Skip to content

Tennis: Kommer oor Sabalenka se fiksheid kort voor Franse Ope

# Tennis: Kommer heers kort voor die Franse Ope oor die fiksheid van die wêreldnommer-een Aryna Sabalenka van Belarus. Sy moes behandeling ontvang tydens haar derde-ronde wedstryd teen Sorana Cirstea van Roemenië in die Italiaanse Ope en het die wedstryd in drie stelle verloor. Dit was Sabalenka se tweede nederlaag in drie wedstryde nadat sy ook in die kwarteindronde van die Madrid Ope in Spanje teen Hailey Baptiste van Amerika verloor het. Sy hoop om gereed te wees wanneer die Franse Ope op 24 Mei in Parys begin.