# Krieket: Royal Challengers Bengaluru se hoofafrigter, Andy Flower, is met 15-persent van sy wedstrydfooi beboet vir die oortreding van Artikel 2.3 van die Indiese Premierliga se gedragskode. Die artikel dek die gebruik van hoorbare, onwelvoeglike taal tydens ‘n wedstryd. Die 58-jarige het gister ‘n aggressiewe gesprek met die vierde skeidsregter gehad oor ‘n omstrede grenshou-beslissing tydens RCB se sege oor Mumbai Indians. Die IPL sê Flower het die oortreding erken en die straf aanvaar wat deur wedstrydskeidsregter Amit Sharma opgelê is.
Krieket: RCB se afrigter Andy Flower ‘n stywe boete opgelê vir oortreding van die IPL se gedragskode