# Krieket: Daar is twyfel oor die Engelse snelbouler Gus Atkinson se fiksheid vir volgende maand se tuistoetsreeks teen Nieu-Seeland nadat hy harsingskudding opgedoen het tydens ‘n graafskapswedstryd vir Surrey. Twee opslagballe van Nottinghamshire se internasionale bouler, Josh Tongue, het hom op sy kopskerm getref. Hy is later vervang en harsingskudding is gediagnoseer. Die eerste van drie toetse teen Nieu-Seeland begin die vierde Junie op Lord’s in Londen en word gevolg deur wedstryde op die Oval in Londen en Trent Bridge in Nottingham.
Krieket: Twyfel oor Engelse naatbouler Atkinson vir toetsreeks teen Nieu-Seeland na hy harsingskudding opdoen