# Die MK-party eis die bedanking van die twee senior polisiebeamptes wat in hegtenis geneem is vir beweerde korrupsie, die smokkel van edelmetale, en dwarsboming van die gereg. Die twee is in ‘n gekoördineerde teenkorrupsie-operasie in Gauteng vasgetrek, terwyl ‘n Durbanse sakeman ook aangekeer is. Die MK-party sê die inhegtenisnemings bevestig die diep sistemiese verrotting van die SAPD. Hy waarsku dit kan die openbare vertroue in die polisie ernstig knou wanneer senior polisiebeamptes by ernstige misdaad betrek word, omdat dit huidige ondersoeke in die wiele kan ry.
MK Party eis skorsing van twee senior polisiebeamptes wat met smokkel van edelmetale verbind word