Skip to content

Christelike Forum sê ANC moet Suid-Afrikaners om verskoning vra oor uitspraak in Phala Phala-saak

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum sê die ANC moet die mense van Suid-Afrika onvoorwaardelik en in die openbaar om verskoning vra. Die leier, Marothi Mashashane, sê hierdie verskoning moet die fout spesifiek noem, naamlik die gebruik van ‘n parlementêre meerderheid om aanspreeklikheid in die Phala Phala-saak te ontduik. Hy sê deur te erken die organisasie het ‘n individu bo die Grondwet bevoordeel, sal help om spanning tussen die ANC en die massas te verminder.