Skip to content

Rugby: Leeus getem deur Leinster in Dublin

# Rugby: Ten spyte van genoeg moed en dapperheid, het die Leeus net nie genoeg gehad om ‘n top vier-plek in die Vodacom United Rugbykampioenskap te verseker nie. Hulle het Saterdag met 31-7 teen Leinster in Dublin verloor, nadat Leinster drie vinnige drieë in die laaste 10 minute van die wedstryd aangeteken het. Die uitslag het die Leeus nou tot vyfde op die punteleer laat terug val. In nog ‘n wedstryd het Connacht vir Munster met 26-7 geklop. Munster is nou sesde op die punteleer en kom volgende naweek teen die Leeus te staan in die laaste ronde van die kompetisie voor die uitspeelwedstryde.