Skip to content

ActionSA sê Konstitusionele Hofuitspraak oor Phala Phala-saak is oorwinning vir aanspreeklikheid

# ActionSA het die uitspraak van die Konstitusionele Hof oor die Phala Phala-saak verwelkom. Die party se voorsitter, Michael Beaumont, sê hierdie uitspraak het bepaal die reël wat deur die Nasionale Vergadering gebruik is om te weier dat die Phala Phala-ondersoekverslag na die ampsklagkomitee verwys word, was ongeldig en die stemming moet daarom as ongeldig beskou word. Hy sê die feit dat hierdie verslag nou na ‘n Parlement moet terugkeer waar die ANC nie meer ‘n meerderheid het om die President teen die Grondwet te beskerm nie, is ‘n oorwinning vir aanspreeklikheid.