# Tennis: Iga Swiatek het tot die derde ronde van die Italiaanse Ope deurgedring met ‘n 6‑1, 6‑7, 6‑3 oorwinning oor die Amerikaner Caty McNally. Dit het gelyk of diie Poolse speler op koers was vir ‘n gemaklike oorwinning toe sy met 4‑2 voorgeloop het in die tweede stel, maar McNally het twee keer op Swiatek se afslaan deurgebreek en die valbylpot gewen. Swiatek het in die beslissende stel met 3‑1 voorgeloop, maar McNally het egter teruggeveg tot 3-elk. Swiatek het egter die laaste drie potte gewen om haar plek in die volgende ronde te verseker. Sy het sedert haar vierde Franse Ope‑titel in 2024 nog nie weer ‘n kleibaan‑toernooi gewen nie.
Tennis: Swiatek sukkel deur na derde ronde van Italiaanse Ope