Skip to content

Rugby: Papier word vandag die Bulle se mees ervare skrumskakel

# Rugby: Springbok Embrose Papier sal in vanmiddag se Verengide Rugbykampioenskap-ontmoeting met die Italiaanse span Zebre Parma in Pretoria, die Bulle se mees ervare skrumskakel word. Hy deel tans die rekord van 170 wedstryde met die oorlede Bok nommer nege, Joost van der Westhuizen. Papier sal saam met Bok losskakel Handré Pollard, die wedstryd op die bank begin, terwyl Springbok Willie le Roux, en Paul de Wet die skakelpaar in die beginspan sal wees. Papier het hierdie seisoen reeds nege drieë gedruk.