# Die DA sê die Konstitusionele Hof het dit duidelik gemaak die Parlement moet sy reëls regstel, en die Artikel 89-verslag oor die Phala Phala-saak moet voor ‘n ampskomitee voortgaan. Die hof het bevind die Parlement se ampsklag-proses is ongrondwetlik en ongeldig. Die saak hou verband met die diefstal op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo. Die DA beskryf die uitspraak as ‘n somber oomblik vir die Parlement, die Presidensie en grondwetlike demokrasie. Partyleier Geordin Hill-Lewis sê die DA sal doelgerig en ten volle aan die ampskomitee deelneem.
DA noem Konstitusionele Hof se beslissing oor Phala Phala ‘n somber oomblik vir die land