# Build One South Africa sê Suid-Afrikaners is gereed vir ʼn billiker, meer deursigtige arbeidsmark. Ongeveer een-duisend-200 geskrewe voorleggings ter ondersteuning van die Wetsontwerp op Billike Betaling is ingedien die eerste week nadat dit in die Staatskoerant gepubliseer is. Die wetsontwerp wat BOSA in die Parlement bevorder, wil die Wet op Gelyke Indiensneming wysig om drie hervormings in te stel: die beëindiging van historiese diskriminasie, verpligte salarisdeursigtigheid in werksadvertensies en gelyke betaling vir gelyke werk. BOSA sê die wetsontwerp is ʼn reaksie op mense se gevoelens oor vermeende onregverdigheid in die land se ekonomie.
BOSA sê Suid-Afrikaners ondersteun die Wetsontwerp op Billike Betaling