Skip to content

VF Plus beskuldig die Stad Tshwane van manipulasie van die begrotingsproses

# Die Vryheidsfront Plus het kommer uitgespreek oor die Stad Tshwane se versoek om ‘n verdere 1,5-miljard-rand in debiteure as ongemagtigde uitgawes af te skryf. Die afgelope 12 maande het die metro byna ses-miljard-rand van sy skuldlas as fiktief of onherwinbaar verklaar. Die VF Plus sê as rekeningkundige truuks gebruik moet word om miljarde uit die finansiële state te verwyder in ‘n poging om die boeke te balanseer, beteken dit dat die begroting nooit werklik befonds is nie. Hy sê dit kom neer op growwe manipulasie van die begrotingsproses.