# Rugby: Die Stormers, die Leeus en die Bulle benodig belangrike oorwinnings in die naweek se voorlaaste groepsronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die drie Suid-Afrikaanse spanne is steeds in die wedloop om tuis-kwarteindstryde te beklink. Die Stormers, die voorlopers op die punteleer, speel vanaand in Belfast teen Ulster, wat agste is. Die sewende-geplaaste Bulle pak Zebre môre in Pretoria, en die derde-geplaaste Leeus speel teen die vierde-geplaaste Leinster in Dublin. Die Haaie, wat nou tiende op die punteleer is, speel in Durban teen die 13de-geplaaste Benetton.
Rugby: Stormers, Bulle en Leeus maak reg vir voorlaaste ronde van VRK