# Die Verenigde Nasies se Menseregte‑waarnemingsending in Oekraïne sê minstens 70 burgerlikes is dood en meer as 500 beseer sedert die begin van die maand. Rusland se lugbomme tref steeds die land, onder meer in Zaporizhzhia, Kramatorsk en die westelike streke. Die hoof van die sending, Danielle Bell, sê baie van die aanvalle is in digbevolkte stedelike gebiede, wat bydra tot die hoë dodetal. Sy voeg by enige strydende party moet ingevolge internasionale humanitêre reg alle moontlike uitvoerbare maatreëls tref om burgerlike verliese tot die minimum te beperk.
Minstens 70 burgerlikes sterf en meer as 500 is beseer in Oekraïne sedert begin Mei