Skip to content

Openbare Beskermer sê ondersoek na minister Mchunu vorder ondanks ’n paar terugslae

# Die Openbare Beskermer se kantoor sê die ondersoek na die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, gaan voort en maak goeie vordering. Die African Transformation Movement het verlede jaar ʼn formele versoek aan die Openbare Beskermer gerig om Mchunu se gedrag te ondersoek. Dit was nadat KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, verdoemende bewerings van wangedrag en politieke inmenging teen die minister gemaak het. Die Openbare Beskermer erken daar was terugslae omdat belangrike getuies nie beskikbaar was nie, maar hou vol hulle maak vordering.