Skip to content

Sokker: FIFA se president verdedig die Wêreldbeker-kaartjiepryse

# Sokker: FIFA se president, Gianni Infantino, het Wêreldbeker-kaartjiepryse verdedig en gesê dit weerspieël die vraag om wedstryde in Amerika, Kanada en Mexiko by te woon. Hy sê hulle is verplig om voordeel te trek uit Amerikaanse wette wat toelaat dat kaartjies vir duisende dollar bo die sigwaarde herverkoop mag word. Infantino sê FIFA het meer as 500-miljoen kaartjieversoeke ontvang, vergeleke met ongeveer 50-miljoen vir die vorige twee toernooie saam. Hy sê 25-persent van die kaartjies vir die groepfase kos sowat vierduisend-900-rand elk.