# Rugby: Die Bulle se Springbok-senter, Jan Serfontein, het uitgetree na ʼn roemryke beroepsloopbaan van 15 jaar. Die 33-jarige Serfontein het in 35 toetse vir Suid-Afrika uitgedraf, asook in 2015 se Wêreldbekertoernooi in Engeland. Hy het vyf seisoene vir die Bulle gespeel voordat hy in 2017 by die Franse klub Montpellier aangesluit het. Daar het hy oor agt seisoene meer as 140 wedstryde gespeel en die Top 14-titel in 2022 gebuit. Serfontein het verlede jaar na die Bulle teruggekeer, maar dis deur ʼn ernstige kniebesering kortgeknip.
Rugby: Bok-senter Jan Serfontein tree uit na roemryke loopbaan