# Die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur, NATJOINTS, vra alle betogers om verantwoordelik op te tree en tydens betogings binne die wet te bly. Dit volg nadat die kwessie van onwettige immigrasie daartoe gelei het dat gefrustreerde Suid-Afrikaners betoog en in sommige gevalle buitelanders se winkels aan die brand gesteek het. NATJOINTS sê die Grondwet waarborg wel die reg op vreedsame betoging, maar hierdie reg moet toegepas word sonder geweld, intimidasie of onwettige optrede. Hy sê wetstoepassers sal optree teen enige persoon wat gevaarlike wapens dra of geweld aanhits.
NATJOINTS waarsku betogers om binne die wet op te tree