# Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op die Stad Tshwane om ‘n interne forensiese eenheid op die been te bring, aangesien die huidige gebruik van privaatspeurders duur en ondoeltreffend is. Volgens die party bestee die stad ongeveer 300-duisend-rand per ondersoek, met ongeveer een-duisend sake wat steeds onopgelos is en wat tot 450-miljoen-rand kan kos. Peter Meijer van die VF Plus glo ‘n interne eenheid sal koste verminder, interne vaardighede bou en vinniger resultate lewer.
VF Plus vra vir die dringende instelling van ‘n interne forensiese eenheid in Tshwane