# Twee mense is dood en verskeie beseer toe ‘n motor in ‘n skare ingeploeg het in Leipzig in die ooste van Duitsland. Burgemeester Burkhard Jung sê die vermeende oortreder, wat die owerhede as ‘n 33-jarige Duitse burger identifiseer het, is in hegtenis geneem. Hy voeg by die owerhede het nog nie ‘n motief bepaal nie. Die polisie bevestig ‘n motor het verskeie mense in die sentrale gebied getref voor die bestuurder weggejaag het. Owerhede sê 22 mense is beseer, drie van hulle ernstig.
Twee dood en talle beseer toe ‘n motor in ‘n skare in die Duitse stad Leipzig injaag