Skip to content

EFF ten sterkste daarteen gekant dat NSFAS onder administrasie geplaas word

# Die EFF het die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, se besluit verwerp om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente onder administrasie te plaas. Die besluit volg op ‘n reeks bedankings, insluitend dié van die gewese voorsitter, doktor Karen Stander, en die tussentydse voorsitter, doktor Mugwena Maluleke. Die EFF sê die jongste ontwikkkeling is ‘n voortsetting van die skema se voortslepende jare lange wanfunksionering onder die ANC-regering. Hy voeg by dat die skema voorheen onder administrasie geplaas is, terwyl die toestande waarmee studente te doen het, nie verbeter het nie.