# Die Verenigde Arabiese Emirate sê hy behou die volle en wetlike reg om op hernude Iranse aanvalle te reageer. Iran gebruik missiele en hommeltuie, en teiken burgerlike persele en fasiliteite. Die Verenigde Arabiese Emirate het gister drie Iranse missiele oor sy gebiedswater onderskep, en ʼn vierde een het in die see gestort. ʼn Brand het by die Fujairah-oliebedryfsone uitgebreek ná ʼn hommeltuigaanval, vermoedelik deur Iran, waarin drie Indiese burgers gewond is. Die VAE sê hierdie aanvalle is ʼn gevaarlike eskalasie en onaanvaarbare oortreding.
Verenigde Arabiese Emirate sê dis hulle reg om op Iran se jongste missiel- en hommeltuigaanvalle te reageer